Meer oor ons

Geriewe

Besoekersboek

Tariewe

Kontak Ons

Hoe om daar te kom

Die Weer

By Sommerso is jy nie eers 'n klipgooi ver van die see af nie. Met hoogwater kom die see tot minder as 3 meter van die huis af. Soms raak die water aan die huis!
Wat is dan nou lekkerder as 'n heerlike seevakansie. Veral in Sommerso hier op rustige Jongensfontein, vyf minute se ry van Stilbaai af. Hier kan jy wegkom van die gejaag van die besige lewe en net ontspan - en dit met die sang van die see wat jou snags aan die slaap sus en jou bedags kom dagsê enkele treë van die huis af. Hier kan jy weer die menswees van die lewe kom ontdek. Jy verdien dit!
Welkom by ons amptelike Sommerso webtuiste. Blaai gerus deur en geniet dit. Kom ontdek meer oor die geskiedenis van Sommerso of kyk in ons besoekersboek wat ander van hul vakansie hier sê. Daar is ook 'n kaart en beskrywing van hoe om by ons uit te kom. Ons het ook vir jou gerief 'n skakel geplaas na 'n SA-weer webtuiste sodat jy maklik 'n idee kan hê van wat die weer binnekort gaan doen.
Maar hoekom net pret hê op die Internet! Bespreek vandag nog jou plekkie teen die see! Sommerso! Hier in die straatjie teen die see is nog nie eers straatligte nie (op versoek van die inwoners en toeriste), wat bydra tot die heerlike atmosfeer. Jongensfontein bly steeds landwyd 'n uiters gewilde vakansie bestemming. Kom geniet dit in Sommerso!

Ons webtuiste



(c) Copyright 2001 Sommerso
Voor op die see! Dis 'n paar treë dan is jy by die water of op die rotse waar jy kan hengel of die heerlikste allekreukels kan uithaal of die kinders hulle kan besig hou met klipvissies.
DOWNLOAD die kaart instruksies hier. (Afr & Eng)
Hierdie is 'n ".exe-file". Jy kan net "double-click" op die file en hy sal self onttrek na jou hardeskyf na c:\sommerso. Daar is 'n .doc asook 'n .txt formaat.
Ons beveel Internet Explorer 4.x of hoër aan of soorgelyke blaaier wat "layers" kan hanteer om hier-die blaaie korrek te sien.
Druk asb Ctrl + D om die blad te boekmerk