Die huis bied al die geriewe en slaapplek vir 8 persone. Daar is drie slaapkamers met dubbelbed-dens - een ook met 'n dubbelbed. Die heerlike leefarea is die hart van die huis en bestaan uit die kombuis met die eetvertrek. Vanuit die vertrek het jy toegans tot al die vertrekke in die huis en jy is sommer deel van die braaiery op die stoep net by die deur uit. Heerlike vensters na die agterstoep bring die braai-atmosfeer nog verder by die huis in.

Die televisie vang al die basiese kanale op - SABC 1,2, en 3 asook M-Net (ooptyd) en e-tv. Ontvangs is goed.

Die kombuis is gerieflik ingerig met alles wat jy nodig het. Daar is 'n balans in die kombuis geskep tussen die moderne en die tradisionele "see-kombuis".

Hoofblad