By Sommerso is
jy nie eers 'n klipgooi ver van die see af nie. Met hoogwater kom die see tot
minder as 3 meter van die huis af. Soms raak die water aan die huis!
Wat is dan nou lekkerder as 'n heerlike seevakansie. Veral
in Sommerso hier op rustige Jongensfontein, vyf minute se ry van Stilbaai af.
Hier kan jy wegkom van die gejaag van die besige lewe en net ontspan - en dit
met die sang van die see wat jou snags aan die slaap sus en jou bedags kom dagsê
enkele treë van die huis af. Hier kan jy weer die menswees van die lewe
kom ontdek. Jy verdien dit!
Welkom
by ons amptelike Sommerso webtuiste. Blaai gerus deur en geniet dit. Kom ontdek
meer oor die geskiedenis van Sommerso of kyk in ons besoekersboek wat ander van
hul vakansie hier sê. Daar is ook 'n kaart en beskrywing van hoe om by ons
uit te kom. Ons het ook vir jou gerief 'n skakel geplaas na 'n SA-weer webtuiste
sodat jy maklik 'n idee kan hê van wat die weer binnekort gaan doen.
Maar hoekom net pret hê op die Internet! Bespreek vandag nog jou plekkie
teen die see! Sommerso! Hier in die straatjie teen die see is nog nie eers straatligte
nie (op versoek van die inwoners en toeriste), wat bydra tot die heerlike atmosfeer.
Jongensfontein bly steeds landwyd 'n uiters gewilde vakansie bestemming. Kom geniet
dit in Sommerso!
Ons webtuiste
(c)
Copyright 2001 Sommerso
Voor op die see! Dis 'n
paar treë dan is jy by die water of op die rotse waar jy kan hengel of
die heerlikste allekreukels kan uithaal of die kinders hulle kan besig hou
met klipvissies.
DOWNLOAD die kaart
instruksies hier. (Afr & Eng)
Hierdie is 'n ".exe-file". Jy kan net "double-click"
op die file en hy sal self onttrek na jou hardeskyf na c:\sommerso. Daar is
'n .doc asook 'n .txt formaat.
Ons beveel Internet Explorer
4.x of hoër aan of soorgelyke blaaier wat "layers" kan hanteer
om hier-die blaaie korrek te sien.
Druk
asb Ctrl + D om die blad te boekmerk