DOWNLOAD die kaart instruksies hier. (Afr & Eng)
Hierdie is 'n ".exe-file". Jy kan net "double-click" op die file en hy sal self onttrek na jou hardeskyf na c:\sommerso. Daar is 'n .doc asook 'n .txt formaat.

HOE OM BY ONS UIT TE KOM

OP DIE PAD TUSSEN RIVERSDAL EN MOSSELBAAI: Vanaf Riversdal - neem die Stilbaai afdraai aan die regterkant van die pad. Dis as jy die stuk reguit pad Mosselbaai toe aanvat nadat jy al die draaitjies na Riversdal gery het. Vanaf Mosselbaai - Neem die Stilbaai-afdraai aan die linkerkant van die pad. Dis aan die einde van die reguit stuk pad Riversdal toe en net voor die draaitjies.

 

 

IN STILBAAI AANGEKOM: Draai regs by die brug en ry oor; volg die pad verby die winkels; by die Jongensfontein afdraai (3-stop) draai regs

 

 

IN JONGENSFONTEIN: Gaan Jongensfon-tein binne. Passop vir die onverwagte stop-straat net na die afdraend. Ry verby die kampterrein (laer af aan jou linkerkant). Draai by die stop links. Draai onder by die stop regs en ry verby die kafee en teen die see af. Pasop vir die spoedhobbels. Ry aan tot by die stukkie wit strandjie aan jou linkerkant. Sommerso sal regs sit - 'n baksteenhuis met die woorde "sommerso" voor op die huis.

Hoofblad