Meer as 60 jaar gelede sien Sommerso die eerste lig. 'n huis by die see moes dan natuurlik sommer van "see-boumateriaal" gebou word en dus word die huis gebou van sand, seegruis, skulpe en seeklip. Groot dele van die hout wat vir die huis, veral die dak, gebruik word, is dryf-hout uit die see.

Deur die jare word daar baie veranderings aan die huis gemaak. Omtrent 20 jaar na die bou van die huis, word die motorhuis gebou. Ook van seemateriaal. Op 'n stadium wat daar ook 'n draad heining met hek voor die huis om die kinders uit die pad te hou. En in daardie jare is daar mos sommer so op groot skaal seevakansie gehou. Die ou rygoed is sommer behoorlik gepak met alles wat nodig is vir die see en nog meer. Want sien, daar kan mos nie sommer soos vandag gou vir 'n dag uitgery word see toe nie, so als moes saam vir die kuier. En dan moers daar nog in daardie jare by Stilbaai met 'n "ferry" oor die rivier gery word.

En daar moet natuurlik visgevang word! Daar word 2 sloepe voor die huis oopgepak asook die bekende "vywer" op die rotse regs voor die huis. Nou word daar sommer nette ingegooi in die sloepe en so word die visse na hoogwater aangekeur. In die "vywer" is daar ook hope visse wat nie betyds terug is dieper die see in voor dit te vlak raak nie en uitkomkaans oor die rotse maar skraal is.

Van elektrisiteit was daar in daardie tyd natuurlik geen sprake nie, en later in die sewentigs word 'n diesel kragopwekker ingesit, maar hierdie gesukkel word later vervang met elektrisiteit.

In die laat 80's en vroeë 90's word met 'n totale herbouing en restourasie van die huis begin. Die ouer huisie maak nou plek vir 'n veel moderner en groter huis met binnebadkamer. Die hele huis word basies oorgebou, buiten die fondamente. Ekstra vertrekke word aangebou. Een van die min dinge wat egter dieselfde bly is die badkamerdeur en 'n deel van die muur tussen die badkamer en kombuis.

Daar is ook genoeg dinge om te doen. Jy kan heerlik gaan hengel of allekreukels voor die huis uithaal, of 'n draai gaan maak by die Sandgat, waar al vir baie jare geswem word. Jongensfontein is ook 'n uiters gewilde branderplank bestemming, so onhou joune. Daar is ook heerlike geleentheid vir duik in die vlakkerige water net anderkant die rotse. En as jy sommer net in die son wil lê, is daar 'n heerlike sand strandjie voor die huis waar die altyd rustig en stil is. Amper soos jou eie strandjie!

Om die atmosfeer van Jongensfontein te behou, is daar benewens die een of twee verhuringsagente, geen winkels of besighede nie. Slegs twee kafees. Dus geen woelige "winkelverkeer". Slegs 5 minute se ry is Stilbaai waar volop winkel en ander geriewe is.

Maar hoekom net lees wat hier staan? Kontak ons sommer nou en kom kuier hier in Sommerso. Ons kan jou verseker dis 'n onvergeetlike vakansie.

Dis mos hoe daar by die see geëet moet word! 'n Lekker vleisie op die kole saam met 'n lekker kuiertjie op die agterstoep in die heerlike vars aandlug.
By die lekker ou tafel in die leefvertrek (eetkamer/kombuis) word daar sommer lekker gesit en gesels tot watter tyd in die nag en al die ou probleme word vergeet!
Die naambord op die voorkant van die nuwe huis. So is die huis ongeveer 20 jaar gelede gedoop
Hoofblad
Die blou lyn toon die normale hoogwatervlak aan. Soms is dit hoër.